Ian Kershaw | |
---|---|
Kershaw by die 2012 Leipzig Boekskou | |
Gebore | 29 April 1943 Oldham, Manchester, Engeland |
Nasionaliteit | Engeland |
Alma mater | Universiteit van Liverpool, Merton College, Oxford |
Beroep | Skrywer, historikus |
Bekend vir | Studies van Duitse maatskaplike geskiedenis, veral Alltagsgeschichte, en die bevordering van die "Werkende na die Führer" konsep |
Eggenoot | Betty Kershaw |
Sir Ian Kershaw (gebore op 29 April 1943) is 'n Engelse geskiedkundige en skrywer wie se werk hoofsaaklik gerig is op die maatskaplike geskiedenis van 20ste eeuse Duitsland. Hy word deur baie beskou as die wêreld se mees vooraanstaande kenner betreffende Adolf Hitler en die Duitsland van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty, en is veral bekend om sy biografieë van Hitler.[1]
Hy was die leidende "dissipel" van die Duitse historikus Martin Broszat, en (tot sy aftrede) professor by die Universiteit van Sheffield. Kershaw het Broszat 'n "inspirerende mentor" genoem wat baie gedoen het om sy begrip van Nasionaal Sosialistiese Duitsland te vorm.[2] Kershaw het as historiese adviseur op verskeie BBC dokumentêre programme gedien soos The Nazis: A Warning from History en War of the Century. Hy het onderrig gegee in 'n module genaamd "Germans against Hitler".[3]